Monday 26 March 2018

Vinnige Melktert



Vinnige Melktert
Tennisbeskuitjie-kors:
Maak een- en ʼn halwe pak tennisbeskuitjies fyn en meng saam met 100 ml gesmelte botter. Druk plat in tertpan om kors te vorm.
Vulsel:
In ʼn groot kastrol meng die volgende:
15 ml koekmeelblom
25 ml mielieblom
1 koppie melk
Geel van een eier
Meng alles saam tot dit ʼn pasta vorm.
Voeg by:
185 ml suiker
2 eetlepels margarien
1 teelepel vanilla-essens
3 koppies melk
Kook alles saam oor matige hitte tot dit begin verdik en ʼn melktertpap maak.
Klits die wit van een eier styf en vou in by mengsel na dit van die hitte verwyder is.
Skep in kors en laat afkoel. ʼn Melktert is op sy beste as dit oornag in die yskas gerus het.
Strooi bietjie pypkaneel oor.