Tuesday 27 March 2018

PAASFEES ROCKY ROAD



PAASFEES ROCKY ROAD

500 g melksjokolade
100 g mini malvalekkers
100 g mini sjokolade eiers
100 g spysverteringsbeskuitjies
4 karamel paaseiers, gebreek (Creme Eggs)
50 g fudge, grof gekap

 Voer 'n vierkantige bak (20x20cm) met waspapier uit. Breek die sjokolade in stukkies
en smelt dit oor warm water of in die mikrogolfoond. Maak seker dat al die sjokoladestukki
es gesmelt is. Maak die spysverterings beskuitjies fyner en meng dit saam met die malvalekkers, karamel eiers en fudge in 'n mengbak. Gooi die gesmelte sjokolade by die beskuitjiemengs
el en roer dit goed deur - werk baie vinnig want dit set gou! Gooi die mengsel in die bak uit en gooi die mini eiers bo-oor. Druk dit effens in die mengsel in, maar sodat dit steeds sigbaar van bo-af is. Sny dit in blokkies en plaas in die yskas om heeltemal te set.