Tuesday, 27 March 2018

Maklikste Pasteideeg Ooit



Tannie Lettie Hough se Maklikste Pasteideeg Ooit
 
Gebruik altyd gelyke dele van:
Koekmeel
Chedder kaas (gerasper)
Botter (gerasper)

Meng goed deur met vingerpunte (of menger) tot bolvorm
Sit in yskas vir n rukkie, rol uit - sit jou vulsel in en bak by 180C tot gaar en goudbruin

Gebruike:
Vir pasteie, quiche, klein pasteitjies in muffin pannetjies, vir bo-op n pastei of rasper dit bo-oor enige gereg en bak tot gaar en goudbruin

Bepaal self hoeveel pasteideeg het jy nodig – bv. 100gr botter, 100gr meel en 100 gr gerasperde kaas of as jy meer deeg soek, 200gr botter, 200gr meel en 200gr kaas ens

No comments:

Post a Comment