Monday 26 March 2018

IDEALMELK RINGKOEK



IDEALMELK RINGKOEK
Doen jouself 'n guns en bak hierdie koek , dit is soooo lekker , hy is klam en die sous asemrowend
KOEK:
375 ml Koekmeel
250 ml Melk
250 ml Suiker
2 ml Sout
10 ml Bakpoeier
125 ml Olie
60 ml Kakao
125 ml Kookwater
4 Eiergele
4 Eierwitte

SOUS:
¾ Blik Ideal Melk
125 ml Suiker

VERSIERING:
2 Plakke Heelneut sjokolade
¼ Blikkie Ideal Melk

KOEK:
Klits eierwitte tot styf.
Meng droë bestanddele.
Maak gaatjie in droë bestanddele.
Voeg eerste olie, dan kakao gemeng met water, melk en eiergele by.
Klits goed.
Voeg bakpoeier by eierwitte en klits weer.
Vou eierwitte in by mengsel.
Bak teen 180º C vir 30 tot 40 minute in ringpan of jy kan dit ook in 'n reghoekige oondbak bak. Gooi die sous oor terwyl die koek nog in die pan is. As dit 'n ringkoek is keer dit om nadat die sous ingetrek het en versier verder.

SOUS:
Kook Ideal melk en suiker saam.
Maak gaatjies in koek met dun voorwerp.
Gooi stroop oor koek.
Laat koek heeltemal afkoel.
VERSIERING:
Smelt sjokolade saam met ¼ Blikkie Ideal melk en gooi oor koek.