Wednesday 6 December 2017

Suikerkoekies vir Kersfees



Suikerkoekies vir Kersfees
Koekie-deeg:
250 g botter
200 g suiker
5 ml vanielje-ekstrak
2 eiers
480 g koekmeel
10 ml bakpoeier
5 ml sout
25 ml water
Versiersuiker:
1 kg versiersuiker
4 eierwitte
10 ml suurlemoensap
Vir die koekies:
1.Klits die botter en suiker saam totdat 'n room vorm.
2.Voeg vanielje-ekstrak en eier by.
3.Sif droë bestanddele bymekaar, en voeg dat by botter-en-suiker-mengsel. Voeg water by indien nodig.
4.Rol uit totdat die deeg 3 mm dik is. Sny vorms uit en plaas op 'n gesmeerde bakplaat.
5.Bak in oond teen 200 °C vir 8 minute.
Vir die versiersuiker:
1.Plaas eierwitte in mengbak.
2.Met 'n houtlepel, voeg die versiersuiker by en meng stadig, lepel vir lepel.
3.Sodra dit gekombineer is, maak seker die beslag is styf. Voeg meer versiersuiker by indien nodig.
4.Plaas versiersuiker in 'n glasbak, bedek met 'n nat lap en seël met kleefplastiek.
5.Versiersuiker can gestoor word in die yskas vir sowat 6 dae. Indien eierwitte skei van versiersuiker, meng weer saam voordat jy dit gebruik.