Wednesday 1 November 2017

VRUGTEKOEK OF MUFFINS



VRUGTEKOEK OF MUFFINS
VERHIT SAAM IN ‘N POT OOR LAE HITTE
500 gram vrugtekoekmengsel
250 ml water
250 ml suiker
125 gram margarien
Sit deksel op sodra dit begin kook en prut vir 20 minute, roer kort kort.
Haal van plaat af en gooi 5 ml koeksoda in, roer en laat goed afkoel.
SIF SAAM
5 ml bakpoeier
500 ml koekmeel
Roer 1 geklitste eier by die afgekoelde vrugtekoekmengsel in en meng koekmeelmengsel in.
Voeg soveel glanskersies en neute as jy wil by en roer deur.
Sit beslag in muffinpannetjies of koekpanne.
Bak 90 minute by 180°C of tot gaar vir ‘n koek en 20 -25 minute vir muffins.
Sprinkel brandewyn oor die koek sodra dit uit die oond kom en dokter dan weekliks totdat jy dit eet, as dit so lank in die koekblik gaan staan.
Ek voer nooit my bak nie, maar as jy die resep verdubbel moet jy dalk die bak voer en langer bak.