Thursday 16 November 2017

Vrugtekoek Kolwyntjies + Versiering



Vrugtekoek Kolwyntjies + Versiering:

Kolwyntjie Bestanddele:
Genoeg vir 12
• 10 ml koeksoda
• 125 ml water
• 480 g (750 ml) droëvrugte-koekmengsel
• 250 ml dadels, fyngesny
• 50 ml kersies, fyngesny
• 125 ml brandewyn
• 5 ml vanieljegeursel
• 250 g (270 ml) botter
• 200 g (250 ml) suiker
• 2 eiers
• 280 g (500 ml) koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• knippie sout

Versiersel Bestanddele:
Genoeg vir 12
• 2 eierwitte
• 425 ml strooisuiker
• knippie sout
• knippie kremetart
• 50 ml water

Metode vir muffins:
1.Verhit oond tot 180 °C.
2.Meng koeksoda en water.
3.Voeg droëvrugte-koekmengsel, dadels, kersies, brandewyn en vanielje by.
4.Meng goed. Laat staan 30 minute.
5.Room botter en suiker met elektriese klitser in middelslag-mengbak.
6.Klits eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.
7.Voeg vrugtemengsel by en meng goed.
8.Sif koekmeel, bakpoeier en sout oor vrugtemengsel en meng deur.
9.Spuit 12 holtes van ’n standaard-muffinpan met kleefwerende kossproei.
10.Skep holtes 2/3 vol beslag.
11.Bak 12 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
12.Laat in pan afkoel en keer uit.
13.Skep lepels vol sneeuversiersel (resep volg) op elke kolwyntjie.

Metode vir versiering:
1.Klits al die bestanddele goed saam.
2.Plaas die mengsel oor ’n pot met kookwateren klits 7 minute lank met handklitser of tot mengsel dik word en stywe punte vorm.
3.Versier vrugtekolwyntjies (vorige resep) onmiddellik – die versiersel word gou hard en daar moet dus vinnig gewerk word.
4.Bind ’n mooi lint om elke kolwyntjie sodra die versiersel gestol het. Sit voor.