Wednesday 15 November 2017

Vinnige Vrugtekoek Broodjie



Vinnige Vrugtekoek Broodjie
Lewer 1 koekbrood
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 1 uur
Vrugtekoek Mengsel Bestanddele
•500 ml (2 k) koekmeel
•250 ml (1 k) suiker
•10 ml (2 t) bakpoeier
•7 ml (1½ t) fyn kaneel
•2 ml (½ t) fyn naeltjies
•2 ml (½ t) neutmuskaat
•5 ml (1 t) fyn gemmer
•5 ml (1 t) sout
•250 ml (1 k) vrugtekoekmengsel
•100 g rooi glanskersies, gehalveer
Vir Bak
•125 ml (½ k) melk
•80 ml (1/3 k) olie
•2 eiers
Metode:
1.Vir die bakmengsel: Meng alles baie goed en bêre in ’n lugdigte houer in die koskas.
2.Vir bak: Voorverhit die oond tot 180 °C. voer ’n broodpan van 9 x 19 cm met bakpapier uit en spuit met kossproei.
3.Skep die mengsel in ’n mengbak. Klits die melk, olie en eiers saam en voeg by die bakmengsel. meng goed en giet in die voorbereide broodpan.
4.Bak sowat 1 uur of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom. Laat effens afkoel in die pan en keer dan op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel.