Thursday 16 November 2017

Suikermielie-muffins



Suikermielie-muffins
(6 Groot Muffins)

Bestanddele
125 ml/ 60 g Koekmeelblom
125 ml/ 75g Gesifte mieliemeel
7,5 ml Bakpoeier
5 ml Suiker
1, 25 ml Sout
klein knippie Rooipeper of rissiepoeier – opsioneel
25 g/ 8 Halwes Songedroogde tamaties
1 groot Eier(s), geskei
15 ml Sonneblom- of avokade-olie
75 ml Ongegeurde vetvrye jogurt
Halwe 415 g-blik Roomsoort suikermielies
15 ml Vars pietersielie of koljanderblare, gekap

Metode:
Voorverhit die oond tot 200?C
Sif die koekmeel, mieliemeel, bakpoeier, suiker, sout en rooipeper saam.
Snipper die songedroogde tamaties met kombuisskêer in klein stukkies en voeg dit by die droë bestanddele.
Klits die eierwit styf.
Klits die eiergeel, olie en jogurt saam en roer die suikermielies en pietersielie by.
Voeg die suikermieliemengsel by die droeë bestanddele en roer tot net gemeng. Vou die styfgeklitste eierwit in.
Skep dit in 6 of 12 gesmeerde muffinpannetjies en bak dit 35 tot 40 minute tot goudkleurig en gaar.
Laat die muffins vir 10 minute in die pannetjies afkoel voordat dit uitgelig word.
Variasie:
Vervang die songedroogde tamaties met rosyne of bosbessies.
Voeg gekapte kruie soos basiliekruid of stingelui aan die einde van stap 3