Thursday 9 November 2017

SAVORY SKONS



SAVORY SKONS

1 Koppie bruismeel of gewone koppie koekmeel en 10ml bakpoeier.
Vat dan nog 'n koppie (250ml) gooi, 70ml olie daar in en
1 eier (asb sonder die dop) daarin en vul dan die res van die koppie met melk. ...
Klits en gooi by die meel en meng.

Gooi nou by wat jy wil, jy kan soos ek, 'n koppie gerasperde kaas ingooi, en/of bacon bits, pietersielie, of lekker fyn biltong. Sit jou sout en/of peper of bietjie paprika en ander geurmiddels by. Meng goed, skep lepelsvol in pannetjie en bak in oond 180gradeC, vir so 10 tot 15 minute of totdat so lekker goudbruin is