Wednesday 1 November 2017

PIESANG MUFFINS



PIESANG MUFFINS
Omtrent 24 muffins
240 g (430 ml) meel
15 ml bakpoeier
3 ml sout
25 ml suiker
1 eier, geklits
225 ml melk
50 ml kookolie
2 ryp piesangs, fyngedruk met ’n vurk papierbakkies, om die muffins in te bak versiersuiker, om oor te sif
Voorverhit die oond na 220 °C
Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak.
Gooi die suiker by.
Klits die eier, melk en olie saam in ’n ander bak.
Gooi die geklitste eiermengsel en fyngedrukte piesangs by die droë bestanddele en meng goed met ’n houtlepel.
Sit die papierbakkies in jou muffinpannetjie en smeer of spuit hulle.
Skep die mengsel in die bakkies en bak vir 15 - 20 minute teen 220 °C.
Haal baie versigtig uit en laat afkoel op ’n afkoelrak.
.Sif ’n klein bietjie versiersuiker oor vir die mooi.