Friday 3 November 2017

NEUTSTAFIES MET AARBEI VULSEL



NEUTSTAFIES MET AARBEI VULSEL
KORS:
200 g pekanneute
250 ml (1 k) meel
125 ml (½ k) versiersuiker
2,5 ml (½ t) kaneel
125 ml (½ k) botter, sag gemaak
VULSEL:
350 g bevrore aarbeie
125 ml (½ k) water
250 ml (1 k) strooisuiker
4 groot eiers en
4 eiergele, geklits
30 ml (2 e) suurlemoensap
’n knippie sout
125 ml (½ k) ongesoute botter, sag gemaak
KORS:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n oondpan met bakpapier uit.
Plaas die neute in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn gemaal.
Voeg die meel, versiersuiker en kaneel by en verwerk. Voeg die botter by en pols tot alles gemeng is.
Jy kan ook jou vingerpunte gebruik om al die bestanddele te meng.
Druk die mengsel in die uitgevoerde oondpan plat en sit dit vir 30 minute in die vrieskas. Bak daarna 20 minute in die oond.
VULSEL"
Plaas die bessies en water in ’n kastrol oor matige hitte en laat prut 5 minute. Druk dit deur ’n sif fyn en laat afkoel.
Meng die strooisuiker, eiers, eiergele, suurlemoensap en sout by die bessiemoes in.
Plaas die mengsel in ’n kastrol oor matige hitte en roer vinnig tot dit verdik. Haal van die plaat af en roer die botter in tot goed gemeng.
Giet die warm vulsel oor die kors en bak 10 minute of tot die vulsel gestol het. Laat afkoel en verkoel verder 1 uur in die yskas voor jy dit sny.