Wednesday 15 November 2017

BOTTERBROODJIES



BOTTERBROODJIES (SKONS)
• 250 g (2 k) koekmeel
• 15 ml (1 e) bakpoeier ...
• ’n knypie sout
• 250 ml (1 k) room

• 2 groot eiers

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Voer ’n bakplaat met bakpapier uit, of spuit met kleefwerende kossproei.

1 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout in ’n groot mengbak.
2 Klits die room en die eiers saam. Voeg by die droë bestanddele en sny die eiermengsel met ’n paletmes by die meelmengsel in.
3 Bring die deeg bymekaar en keer op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Druk effens platter. Druk die botterbroodjies met ’n koekiedrukker uit en sit op die bakplaat. Verf die bokante met ’n bietjie melk.
4 Bak vir sowat 15 – 20 min. of tot mooi goudbruin. Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel.
Sit voor met dubbeldikroom en tuisgemaakte konfyt.