Wednesday 1 November 2017

APPELKOOS KOLWYNTJIES



APPELKOOS KOLWYNTJIES
(Maak 12)
300 g bruismeel
150 g strooisuiker
knippie sout...
6 E olie
1 eier, groot
250 ml karringmelk

1 t vanilje geursel
1 blik halwe appelkose
Appelkooskonfyt
2 E botter, gesmelt
Kaneelsuiker
METODE:
Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n kolwyntjiepannetjie met kleefwerende sproei.
Sif die meel in ‘n mengbak, voeg dan die suiker en ‘n knippie sout by. Klits die olie, eier, karringmelk en vanilje geursel saam. Voeg die mengsel by die droë bestanddele en roer totdat die beslag net-net gemeng is.
Skep ‘n lepel vol van die mengsel in die kolwyntjiepannetjie en maak ‘n holte in die middel. Vul die holte met ‘n teelepel appelkooskonfyt en ‘n halwe appelkoos en bedek met nog beslag. Bak vir 12 – 15 minute. Laat effens afkoel en verf met gesmelte botter en sprinkel kaneelsuiker oor. Bedien warm.