Wednesday 18 October 2017

VRUGTE TERTJIES EN SOET DOPPIES



VRUGTE TERTJIES EN SOET DOPPIES
SOET DOPPIES
250 botter
125 ml witsuiker
2 eiers
750 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
Metode:
Verroom botter en suiker saam.
Voeg eiers by en meng.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en meng dit met eiermengsel om deeg te vorm.
Bedek die deeg en laat dit rukkie in die koelkas rus.
Rol deeg 3 mm dik uit op meelbestrooide plank.
Druk sirkels van 6 cm in deursnee uit met drukker, lig sirkels met slaplemmes op en plaas dit in tertdoppiepannetjies wat gespuit is met kleefwerende kossproei.
Bak die doppies 10 min. in voor verhitte oond by 200 *C.
Haal die doppies versigtig uit die panne en laat hulle op ‘n draadrak afkoel.
Bewaar hulle in ‘n digte houer tot nodig.
Lewer ongeveer 90 tertdoppies

 VRUGTEVULSEL
Nog ‘n eenvoudige, maar baie smaaklik vulsel is om ‘n blikkie ingelegde vrugte, byvoorbeeld vrugtekelkie, te dreineer en die sap of stroop effens met ‘n bietjie mielieblom verdik.
Sny die vrugte kleiner, indien nodig, skep dit in die gaar doppies.
Skep ‘n bietjie van die stroop oor en laat dit afkoel.
Skep of spuit geklitste versoete room op net voor opdiening.
Mens kan dit ook met gestoofde droevrugte vul en ‘n bietjie van die vloeistof waarin die vrugte gestowe het effens met mielieblom verdik..
Terloops wanneer jy droevrugte stowe gebruik rooibodtee pleks van water en voeg ‘n stukkie vars of gedroogte nartjieskil by.
Dit maak die vrugte geurig.