Thursday 26 October 2017

Stetson Sampioen Broodjie



Stetson Sampioen Broodjie
30 ml Olyf Olie
100 ml Water
70 g Stetson Spesery Mengsel
500 g Maalvleis
20 Swart Sampioene
1 koppie Gerasperde Kaas
3 Tamaties (In skywe gesny)
375 ml MeisterClub Peper of Knoffel Sous
Hidreer die Stetson spesery mengsel met die water vir 5-10minute, en meng dan met die maalvleis.
Gebruik jou hande en vorm 10 patties (die grootte van die sampioene) van die mengsel. Braai die patties en sampieoen appart oor matige kole tot gaar om die frikkadelbroodjie te bou:
Pak 10 van die 20 sampioene uit, met die steel na bo.
Plaas ‘n skyf tamatie op elke sampioen, gevolg deur ‘n pattie en gerasperde kaas.
Gooi dan Meisterclub Peper of Knoffel sous oor die kaas en plaas die ander sampioen bo-op.