Tuesday 17 October 2017

HOENDER STROGANOFF



HOENDER STROGANOFF
Genoeg vir 4-6 mense
250 g linguini, gekook
10 ml olyfolie
1 rooi ui, in halwe ringe gesny
1 geel en 1 rooi soetrissie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
4-6 hoenderborsfilette, in blokkies gesny
sout en peper
20 ml heelkorrelmosterd
500 ml (2 k) Griekse jogurt
METODE
Kook die linguini soos op die verpakking aangedui en hou eenkant.
Verhit die olie in ’n kastrol en roerbraai die ui, soetrissies en knoffel 2 minute.
Voeg die hoenderblokkies bietjies-bietjies by en roerbraai tot gaar. Geur met sout en peper.
Wanneer die hoender gaar is, voeg die mosterd en jogurt by en laat prut 5-10 minute oor lae hitte.
Jy kan die pasta by die hoender inroer of die hoender oor die pasta skep.