Friday 13 October 2017

Gebruik ‘n ou brilhuisie om ‘n naaldwerkstelletjie vir jou handsak te maak



Gebruik ‘n ou brilhuisie om ‘n naaldwerkstelletjie vir jou handsak te maak!
1. Spuitverf die brilhuisie wit en laat dit droog word.
2. Maak die brilhuisie oop en knip ‘n stuk materiaal die breedte en die lengte van die hele buitekant met ekstra hoeveelheid vir die kante.
3. Verf modge podge oor die buitekant van die brilhuisie en plak die materiaal in posisie vas. Stryk dit glad om die rondings.
4. Verf nog twee lae modge podge en laat elke laag goed droog word. Knip die oortollige materiaal af.
5. Herhaal die proses met ‘n tweede laag materiaal aan die binnekant van die brilhuisie. Knip klein kepies om die rondings sodat die materiaal makliker rek.