Thursday 28 September 2017

Spek-en-suurroom-aartappels



Spek-en-suurroom-aartappels
4 tot 6 porsies
Bestanddele
6 groot aartappels
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
250 g (1 pakkie) spek, gekap
45 ml (3 e) vars pietersielie, gekap
½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
250 ml (1 k) suurroom
125 ml (½ k) Bulgaarse jogurt
1 ml sout
swartpeper na smaak
bietjie gerasperde kaas
Metode
1.Verhit ongeveer 750 ml (3 k) water en 7,5 ml (1½ t) sout in kastrol tot kookpunt.
2.Plaas aartappels met skil daarin. Plaas deksel skeef op en kook aartappels tot net gaar, ongeveer 20 minute. Dreineer en hou eenkant.
3.Verhit olie en soteer ui en knoffel tot ui sag is. Voeg pietersielie en soetrissie by en soteer nog drie minute.
4.Roer suurroom, jogurt, sout en peper by. Laat prut oor lae hitte tot deurwarm.
5.Sny kruis aan bokant van aartappels en plaas op bakplaat. Breek aartappels effens oop vir vulsel.
6.Verdeel vulsel tussen aartappels.
7.Sprinkel bietjie kaas bo-oor en rooster onder oond se element tot goudbruin bo-op.