Tuesday 22 August 2017

WORSIELEKKERTE MET KRUMMELPAP/KAPOKAARTAPPELS



WORSIELEKKERTE MET KRUMMELPAP/KAPOKAARTAPPELS
25ml margarien
1 klein ui (fyn gekap)
1 groen soetrissie(ontpit & fyn gekap)
2 groot tamaties (geskil & grof gekap)...
25ml blatjang
25ml tamatiepasta
10 ml bisto
12,5ml sagte bruinsuiker
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
100ml warm water
500g gaar oorskiet wors in stukkies van so 3cm gesny
Verhit die margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie daarin. Roer die tamaties, blatjang, tamatiepasta, bruinsuiker, sout , peper en warm water by en laat dit 15 minute lank prut. Roer dit gereeld. Gooi nou die stukkies wors in en laat dit net deurprut tot warm.
Bedien met krummelpap of kapokaartappels.
 
Krummelpap - Sarie
4 – 6 porsies
250 ml water

1 ml sout
500 ml mieliemeel

Bring water en sout tot kookpunt in ’n kastrol. Gooi mieliemeel in die middel van water en maak onmiddellik toe met ’n deksel. Die water moet byna heeltemal wegkook. Wanneer daar net ’n klein bietjie water in die kastrol oor is, roer jy die mieliemeel deur met ’n vurk – dis hoe die krummels vorm.