Tuesday 15 August 2017

Uie-en-rosyneslaai



Uie-en-rosyneslaai
Die wonder van dié slaai is dat dit minstens ’n week in die yskas kan hou.
(10 porsies)
• 1½ kg klein piekel-uitjies
• 20 ml olyfolie...
• 120 ml witwyn
• 150 g rosyntjies
• 1 blik (400 g) heel tamaties
• 2 huisies knoffel, fyngekap
• 2 lourierblare
• 1 tak vars roosmaryn
• sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
• 5 ml suiker
• 15 ml tamatiepasta
Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol. Braai die uitjies tot mooi bruin. Voeg die wyn by en laat amper heeltemal afkook. Voeg die res van die bestanddele by en gooi water by tot die uie bedek is. Bring tot kookpunt. Laat oop kook vir minstens 30 minute tot die uie sag is en die vloeistof met die helfte afgekook het. Laat afkoel en sit koud voor