Tuesday 22 August 2017

Tamatiebredie



Tamatiebredie
• 1,2 kg lamsnekskywe
• meel
• olie
• 200 ml rooiwyn...
• 1 blik tamatiepuree plus ’n blik water
• 3 uie, geskil en in wiggies gesny

• 2 lourierblare
• 2 knoffelhuisies, gekneus
• 1 steranyssaad
• 1 groen brandrissie, ontpit en gekap
• 1 duim vars gemmer, geskil en gerasper
• 6 aartappels, geskil, in blokke gesny en net gaar gekook
• 6 pruimtamaties, geskil, ontpit en in blokke gesny
1. Rol die vleis in die meel. Verhit die olie in ’n swaarboomkastrol en verbruin die vleis in sarsies. Dis baie belangrik dat die vleis goed bruin braai. As die laaste sarsie goed verbruin is, voeg ’n glas rooiwyn by en skraap die bodem van die kastrol met ’n houtspaan sodat al die stukkies kan loskook.
2. Sit al die vleis terug in die pot, geur met sout en witpeper en voeg die res van die bestanddele, behalwe die aartappels en pruimtamaties, by. Bring tot kookpunt en draai dan die hitte laer dat die pot net-net prut. Sit die deksel op en vergeet daarvan vir minstens twee uur (drie is beter!).
3. Voeg die gaar aartappels en tamatiestukke by en kook vir nog minstens een tot twee uur met die deksel af. Roer nou en dan om te keer dat dit aanbrand. Sit voor met wit rys.
(Tuis)