Tuesday 29 August 2017

Sout verassing



Sout verassing
Bestandele:
•1 pakkie spek (250g)
•5 eiers
•sout en pepper na smaak...
•1/4 gesnipperde ui
•2 tamaties fyngekap
•1/2 koppie gerasperde cheddarkaas
•3/4 koppie volroom melk/ room
•( jy kan ook feta, roomkaas, salami, ham, peppedews ens hierin sit soos verlang)

Metode:

1. Smeer muffin pan met botter.

2. Verwarm oond tot 180 grade celsius.

3. Braai spek tot gaar en sny in blokkies.

4. Plaas bietjie van al die bestandele, ui, tamatie, cheddarkaas en spek in elke muffin gaaitjie. (Of die bestandele soos jy verkies)

5. Klits eiers, room/melk, sout, pepper saam en vul elke muffin gaaitjie tot vol.

6. Plaas in oond en bak vir plus minus 15 min of tot gestol en lig bruin.

Haal uit en geniet. Jy kan dit koud of warm geniet net soos jy verkies