Friday 4 August 2017

Sonskyn-frittatas



Sonskyn-frittatas

Bestanddele:
•2 koppies rou botterskorsie (in 2 cm blokkies gesny)
•50 ml olyfolie...
•sout en peper na smaak
•6 takkies vars tiemie
•250 g sampioene
•1 eetlp botter
•5 ml droë knoffel-en-kruie-mengsel
•2 wiele feta
•2 sprietuie, fyn opgekap
•125 ml melk
•4-6 eiers
•250 g pakkie repiespek
•mikrokruie (soos bronkors) vir garnering
•kersietamaties vir garnering

Metode:
1.Voorverhit die oond tot 180˚C
2.Plaas botterskorsie op ’n bakplaat en sprinkel met olyfolie.
3.Geur met sout en peper en vryf die blare van die tiemietakkies af en strooi oor botterskorsie. Rooster vir 15-20 minute tot gaar.
4.Sny die sampioene op en braai in bietjie botter en knoffel-en-kruie-mengsel. Plaas sampioene en botterskorsie saam in ’n medium grootte mengbak.
5.Krummel die feta in die botterskorsiemengsel in. Voeg die sprietuie daarby.
6.Klits die melk en eiers goed saam.
7.Verdeel die botterskorsievulsel in die voorbereide kolwyntjiepannetjies, ongeveer ’n opgehoopte eetlepel per holte. Vul die holtes daarna met die eiermengsel tot heelbo. Plaas in die oond en bak vir 20-25 minute tot goudbruin.
8.Laat die frittatas in die kolwyntjie pannetjie afkoel voordat jy dit verwyder.
9.Plaas die repies spek in ’n waaierpatroon bo-op ’n draad afkoelrakkie. Plaas in die oond vir 15-20 minute tot bros.
10.Bedien elke frittata met 2 repies spek,
11.Garneer met mikrokruie en gehalveerde kersietamaties