Tuesday 22 August 2017

Panpizza met avokado



Panpizza met avokado
Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute
Oondtemperatuur: roosterelement en daarna 200 °C
...
• 2 groot eiervrugte, in skyfies gesny
• 2 rooi soetrissies, in repies gesny
• 1 rooi ui, in wiggies gesny
• 15 ml olyfolie
• ’n sprinkel origanum
• sowat 600 g klaarbereide brooddeeg
• 250 ml songedroogdetamatie-pesto
• 12 skyfies salami, gehalveer
• 350 ml gerasperde mozzarellakaas
• avokado om voor te sit
1. Sprei die groente op ’n gesmeerde bakplaat, drup die olie oor en geur met die origanum, sout en peper. Rooster dit onder ’n voorverhitte roosterelement tot geurig en gaar.
2. Smeer 4 klein oondvaste gietysterpanne (sowat 20 cm). Verdeel die deeg in vier en voer die panne daarmee uit. Smeer rojaal met die pesto, pak die groente en salami bo-op, gevolg deur die kaas. Bak in ’n voorverhitte oond teen 200 °C vir 30 minute tot deurgaar en borrelrig bo-op. Garneer met skyfies avokado, en smul.
(Tuis)