Friday, 4 August 2017

MAYO CHUTNEY FRIKKADELLE



MAYO CHUTNEY FRIKKADELLE

BESTANDDELE
600g Maalvleis
Half teelepel sout...
4 snye bruinbrood
Fyn neut
Genaalde naeltjies
All SpicePimento (Pick n Pay)

Sous
1 koppie mayonaise
1 koppie chutney
1 koppie fyn appelkooskonfyt
1 pakkie bruinuiesop
1 koppie water

Meng alles saam
2 skutte naeltjies
4 skutte neut
5 skutte all spice
Sout

METODE
Laat loop koue water oor bruinbrood tot dit deur nat is.Moenie water uit druk nie!
Gooi maalvleis by.
Maak fyn met jou vingers.
Maak bolletjies so groot soos golfballe en sit in bak.
Spuit bak voordat jy die balletjies insit.
Gooi sous oor en bak vir 1 uur in oond @ 170 grade

No comments:

Post a Comment