Wednesday 12 July 2017

Oondstoompoeding



Oondstoompoeding
Genoeg vir 6 mense...

375 ml (1½ k) meel, gesif
60 ml (¼ k) bruinsuiker
75 g botter
5 ml (1 t) koeksoda
10 ml (2 t) fyn gemmer
1 eier
15 ml (1 e) gouestroop
skil en sap van 1 lemoen
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
125 ml (½ k) melk
10 ml (2 t) fyn kaneel
vla vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n ringkoekpan.

Meng al die bestanddele in ’n groot mengbak. Giet die mengsel in die pan en bedek met foelie.
Plaas die poeding in ’n roosterpan en gooi kookwater in tot dit die kante van die pan bereik.
Plaas vir 45 min. in die oond.
Laat 10 min. rus voor jy dit uitkeer. Bestuif met nog kaneel en sit voor met die vla.