Monday 10 July 2017

Kaneel-en-heuning-granola



Kaneel-en-heuning-granola
LEWER SOWAT 1 kg.

BESTANDDELE

100g elk Kellogg’s Rice Krispies, Kellogg’s Corn Flakes, Kellogg’s All-Bran en Kellogg’s Special K
150 g pekanneute of kasjoeneute (of gemengde neute)
50 g sesamsaad
100 g elk sonneblom- en pampoensaad

125 ml (½ k) olie
250 ml (1 k) heuning
50 g bruinsuiker
3 ml (opgehoopte ½ t) fyngemaalde kaneel

METODE

1. Voorverhit die oond tot 160 °C.

2. Meng die ontbytgraankosse en die neute en sade.

3. Meng die olie, heuning, suiker en kaneel met 125 ml (½ k) water in ’n kastrol en bring tot kookpunt, roer tot die suiker gesmelt is.

4. Gooi die heuningmengsel oor die droë bestanddele en meng goed. Versprei dit eweredig op bakplate en bak 40-60 min., draai gereeld.

5. Bak tot die granola goudbruin is. Skakel die oond af en laat die granola in die oond uitdroog.

6. Laat afkoel en berg in lugdigte houers.

7. Sit voor met vars vrugte soos bessies, piesang of lemoene en melk, amandelmelk of rysmelk.