Wednesday, 12 July 2017

KAASSMEER MET BACON OF BILTONG



KAASSMEER MET BACON OF BILTONG
2 – 3 kop Melk afhangend hoe dun of dik jy die smeer wil hê
1 kg Geprosseseerde kaas – gerasper of witkaas soos tussers sal werk
500 g Margarien
500 g Fyn biltong of gaar spek fyn gemaal – opsioneel
Aromat na smaak

1. Verhit die melk oor lae hitte en roer om aanbrand te voorkom. Voeg die kaas by en hou aan roer oor lae hitte totdat die kaas heeltemal gesmelt het.

2. Voeg die margarien by en laat dit verder smelt en roer goed sodat die mengsel homogeen en eenvormig word.

3. Roer nou die spek of biltong by en geur na smaak.

4. Skep in warm gesteriliseerde flesse en laat goed afkoel.

5. Hou vir 3 maande in die yskas.

1.5 liter se smeer.

No comments:

Post a Comment