Monday 10 July 2017

Kaas en Spek Happie



Kaas en Spek Happie
Bedien 6 (2 per persoon)

Bestanddele
12 snye witbrood...
12 snye geprosesseerde kaas
12 repe strepiespek
olyfolie
vars roosmaryn

Metode Verhit die oond tot 170C. Lê die snye brood op ‘n werkoppervlak en rol elkeen plat met ‘n koekroller. Lê ‘n sny kaas op elke sny brood. Rol die snye brood op en draai die spek rondom dit. Plaas op ‘n bakplaat, sprinkel met olyfolie en sprinkel ‘n paar takkies roosmaryn bo-oor. Bak totdat die rolletjies goudbruin en bros is. Bedien met tamatie of barbecue sous! Verwyder die korsies van die brood, ek het nie en het my les geleer!– Dit sou lekker wees om meer spek te gebruik, maar, te veel–van-‘n-goeie–ding…… jy besluit!

– Jy kan gerasperde mozzarella en ‘n ‘n bietjie tamatie smoor in die snack gebruik as jy probleme het met geprosesseerde kaas!
 
 
Cora Naude:    Ek maak dit weer anders om sit n blaaitjie kaas op en dan miskien ham of n vienna rol op steek vas met n tandestokkie en rol dan in geklitste eier, braai in vlak olie tot allekante gaar is. En so kan jy dan ook dieselfde doen met jou snytjie brood ny piesang in skyfies, sit op broodjie en rol op, rol ook in geklitste eier en braai alle kante gaar en rol dan in kaneelsuiker baie lekker nagereg