Thursday 22 June 2017

Spek-en-kaas-wiele met skondeeg



Spek-en-kaas-wiele met skondeeg
genoeg vir 12 wiele
...
Bestanddele

• 125 g spek, baie fyn gekap
• 250 g (445 ml) koekmeel
• 17 ml bakpoeier
• knypie sout

• 130 g (140 ml) botter, in blokkies gesny
• 100 g Kellogg’s Special K
• 60 ml (¼ k) esdoringstroop (maple syrup)
• 60 ml (¼ k) karringmelk
• 1 eier, geklits
• 100 g cheddarkaas, gerasper
• roereier om voor te sit

Verhit oond tot 200 °C. Spuit ’n bakplaat met klewerende kossproei.

Verhit ’n klewerende pan tot warm en voeg spek by. Braai tot bros en hou eenkant.

Sif meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak en voeg botter by. Vryf botter in meel met vingerpunte totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg Special K by en meng goed.

Klits stroop, karringmelk en eier saam in mengbakkie en voeg by die meelmengsel. Meng met ’n mes tot deeg vorm. Plaas deeg op meelbestrooide werksvlak. Rol deeg in ’n reghoek en tot sowat 3 mm dik. Strooi spek en kaas bo-op deeg. Rol deeg in die lengte (vanaf die kort kant) op – dit lyk soos ’n lang wors. Sny in wiele.

Pak wiele naby mekaar op bakplaat. Plaas in oond en bak vir sowat 20 minute tot goudbruin. Sit louwarm voor met roereier bo-op.