Thursday 22 June 2017

PAMPOEN POTBROOD



PAMPOEN POTBROOD

1-2 koppies botterskorsieblokkies
1½ koppie bruismeel
¼ teelepel bakpoeier...
¼ teelepel koeksoda
¼ teelepel sout
½ koppie roomkaas
¼ koppie (65 g) sagte botter
1 koppie suiker
1 groot eier
1 koppie baie sterk kaas soos
gruyère of cheddar, gerasper

METODE:
Stoom die botterskorsie gaar, druk dit fyn en laat dit in die yskas afkoel. (Jy het ¾ koppie puree nodig.)
Meng die meel, bakpoeier en koeksoda en sout alles saam, en hou dit eenkant.
Klits die roomkaas en botter goed saam en voeg dan die suiker bietjiesbietjies by tot dit lig en romerig is. Hou aan met klits. Voeg dan die eier daarby en klits die mengsel.
Meng die meelmengsel versigtig deur die roomkaasmengsel en vou dan die botterskorsie daarby in.
Skep die beslag in ’n gesmeerde swartpot en bak dit met ’n paar kole op die deksel vir ongeveer 50 minute. Sprinkel die kaas sowat 10 minute voor die einde oor sodat dit kan smelt voordat jy die brood uitdop. Jy kan die brood ook in ’n gesmeerde oop oondpan bak teen 170 °C.