Thursday 15 June 2017

Kaas-en-mieliemuffins



Kaas-en-mieliemuffins
Lewer 18 – 20 muffins
500 ml (2 k) volkoringmeel
15 ml (1 e) bakpoeier...
5 ml (1 t) mosterdpoeier
‘n knippie sout
20 ml (4 t) vars tiemieblare

125 ml (50 g) gerasperde cheddarkaas
200 ml bevrore mieliepitte, afgespoel
80 ml (⅓ k) Westfalia Plain avokado-olie
3 ekstra-groot Nulaid eiers, geklits
500 ml (2 k) karringmelk
30 ml (2 t) sesaamsaadjies
1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 2 x 24-muffinpanne liggies met olie.
2. Plaas die droë bestanddele in ‘n groot mengbak en roer die tiemie, kaas en mieliepitte by.
3. Meng die olie, eiers en karringmelk saam en roer by die droë mengsel tot dit alles net deurgemeng is, maar moenie die mengsel te veel roer nie.
4. Skep die beslag in die voorbereide panne en strooi sesaamsaadjies oor.
5. Bak 40 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Sit as deel van ‘n kosblik voor.
(Heleen Meyer)