Friday 23 June 2017

Growwe plaasbeskuit



Growwe plaasbeskuit

Bestanddele
6 x 250 ml koekmeel
4 x 250 ml All Bran-ontbytflokkies, goed fyngedruk...
50 ml bakpoeier
7 ml sout
375 ml suiker
500 g botter
500 ml melk
250 ml droë bosbessies (cranberries)
250 ml sonneblomsaad

Stappe
Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer ’n oondpan met olie. Meng al die droë bestanddele saam in ’n groot mengbak. Verhit die botter tot gesmelt en voeg die melk by. Voeg die bottermengsel by die droë bestanddele en meng goed. Keer die beslag in die voorbereide pan uit en bak vir ongeveer 30 minute. Laat effens afkoel en sny in langwerpige stukkies. Droog die beskuit teen 100ºC uit vir ongeveer 3 uur. Lewer ongeveer 5 dosyn beskuit.