Friday 9 June 2017

ENERGIE STAFIES



ENERGIE STAFIES
Jy kan die koppie gemengde bestanddele varieer volgens waarvan jy hou en wat daar in die huis is.
Die sesam- en poppiesade kan jy maar min van insit, 10 – 15 ml is oorgenoeg, terwyl jy weer meer neute en gedroogde bessies kan insit.
Jy kan ook die hoeveelheid klapper verhoog met nog ‘n halfkoppie as jy nie so groot verskeidenheid wil insit nie.
...
Maak ongeveer 24 stafies.
½ k meel
½ k klapper
1 k hawermout
1 k gemeng: sonneblom, sesamsaad, poppiesaad, pekanneute, cranberries of meer klapper
½ k suiker
1 knippie sout
15 ml kakao
100 ml margarien
60 ml stroop
of heuning
5 ml koeksoda
15 ml water
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Kry ‘n groot mengbak en gooi al die droë bestanddele, behalwe die koeksoda daarin.
Meng die margarien, stroop, koeksoda en water saam in ‘n mikrogolfoondvaste bak en smelt dit in die mikrogolfoond.
Gebruik ‘n houtlepel om al die bestanddele goed te meng.
Druk dit in ‘n gesmeerde pan of glasbak van ongeveer 21 x 25 cm.
Bak vir 15 minute.
Laat dit net effens afkoel en sny dit dan in blokkies of stafies.
Die grootte daarvan sal afhang van jou pan se grootte, hoewel stafies van 7 x 3 cm baie lekker eet!