Wednesday 28 June 2017

BESSIE MUFFIN HORINKIES VERSIER



BESSIE MUFFIN HORINKIES VERSIER
750 ml (3 k) meel
15 ml (1 e) bakpoeier...
2,5 ml (½ t) koeksoda
’n knippie sout
125 ml (½ k) botter, sag gemaak

250 ml (1 k) suiker
2 groot eiers
skil van 1 lemoen
375 ml (1½ k) gewone jogurt
15 ml (1 e) meel (vir oorstrooi)
375 ml (1½ k) bevrore bessies, ontvries
12 platboom-roomyshorinkies

VERSIERSEL:
2 eierwitte
15 ml (1 e) suurlemoensap
500 ml (2 k) versiersuiker
rooi koskleursel

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Muffins:
Meng al die droë bestanddele.
Room die botter en suiker in ’n mengbak tot bleek en sag. Meng die eiers by en dan die lemoenskil.
Meng die droë en die nat mengsel liggies. Meng die jogurt in tot sag, maar oppas vir te veel meng.
Strooi meel oor die gedreineerde bessies en vou hulle by die mengsel in.
Plaas 12 roomyshorinkies in ’n muffinpan. Verdeel die deeg eweredig tussen die horinkies.
Bak 20 minute in die oond. Keer versigtig uit die pan en laat hulle heeltemal afkoel.

Versiersel:
Klits die eierwitte en suurlemoensap saam tot stywe punte vorm.
Sif die versiersuiker oor en klop tot styf. Halveer die mengsel en kleur die een helfte pienk.
Skep dit in ’n versiersak en spuit dit op die afgekoelde muffins.