Thursday 25 May 2017

Ontbytvlokkie-en-kaasskons



Ontbytvlokkie-en-kaasskons
Hierdie kaasskons bak jy in ’n koekpan en verf dan ’n geurige bottermengsel oor … heerlik!...
genoeg vir 6-8
• 200 g (360 ml) koekmeel
• 17 ml bakpoeier
• knippie sout
• knippie rooipeper (cayenne pepper)
• 120 g (130 ml) botter, in blokkies gesny
• 130 g cheddar-kaas, gerasper
• 130 g Kellogg’s Corn Flakes
• 3 eiers
• 100 ml room
Bo-laag
• 100 g (110 ml) botter, gesmelt
• hand vol grasuie, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• knippie rooipeper (cayenne pepper)
Verhit oond tot 200 °C. Spuit ’n 18 cm-losboom-ringpan goed met kleefwerende kossproei.
Sif meel, bakpoeier, sout en rooipeper saam. Voeg botterblokkies by en vryf met vingerpunte in die meel in tot die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.
Voeg die kaas en Kellogg’s Corn Flakes by. Meng eiers en melk en voeg dit by droë bestanddele. Meng met ’n slaplemmes tot ’n deeg vorm.
Sprinkel meel op werkvlak en rol deeg uit tot sowat 3 cm dik. Druk skons uit deeg met koekiedrukker (3 cm in deursnee) en pak in koekpan. Bak vir sowat 25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar.
Meng al die bestanddele vir die bo-laag en skep oor die skons sodra dit uit die oond kom. Sit warm voor.