Thursday 25 May 2017

Kaaspoffertjies



Kaaspoffertjies
Bestandele:
1 koppie meel (gebruik gluten vrye meel. Meng chick pea, wit rysmeel en tapioca meel saam)
2 teelepel bakpoeier (gluten vry)
1 koppie gerasperde kaas
1 eier, opgevul met melk in ‘n koppie (250ml)
Metode:
1. Sif all die droeë bestandele saam.
2. Voeg die gerasperde kaas hierby.
3. Meng die eier en die melk saam en voeg by.
4. Skep lepelsvol in ‘n klein muffin pannetjie (die kleintjies)- patty tins.
5. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 grade celcius vir tussen 15 en 20 minute.
Bedien die kaaspoffertjies met botter en kaas, marmite of appelkooskonfyt of ‘n teelepel vol room.