Thursday 25 May 2017

Groenteburger



Groenteburger
Genoeg vir: 4 porsies
Bereidingstyd: 15–20 minute
Oondtemperatuur: rooster
Gaarmaaktyd: 15 minute...

• 1 eiervrug, in 1 cm dik skywe gesny
• 1–2 tamaties, in dik skywe gesny
• 30 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 8 groot bruin sampioene
• 4 ciabatta-rolletjies
• roketblare
• 1 avokado, fyngedruk

HARISSA-MAYONNAISE

• 250 ml goeie mayonnaise
• 10 ml harissa-smeer
• suurlemoensap na smaak

1. Verf die skywe eiervrug met olyfolie aan albei kante. Braai dit in ’n riffelpan totdat dit gaar is en swart strepies het, of rooster dit onder ’n voorverhitte roosterelement tot goudbruin en gaar alkant.

2. Braai die tamatieskywe in die olyfolie en geur dit na smaak met sout en swartpeper. Braai dan die sampioene tot gaar.

3. Meng al die bestanddele vir die harissamayonnaise.

4. Sny die ciabatta-rolletjies oop en vul dit met roket, avokadosmeer, eiervrug- en tamatieskywe, sampioene en laastens die harissa-mayonnaise.

(Tuis)