Thursday 11 May 2017

Badsout bederf



Badsout bederf

Benodigdhede vir badsout...
•Ses dele growwe seesout
•Drie dele Engelse sout
•Een deel koeksoda
•’n Paar druppels vlugtige olie van jou keuse

•’n Paar druppels koskleursel

Maak so
•Meng al die bestanddele met ’n vurk in ’n mengbak.
•Vul ’n bottel met ’n verseëlbare deksel met die sout.
•Gebruik ’n foto om ’n etiket vir jou badsout te maak. Plaas ’n gekoopte etiket oor die deel van die foto wat jy as jou etiket wil gebruik, trek dit af en knip dit met ’n skêr uit. Druk ’n gat daarin en maak dit met tou of lint aan die bottel vas.