Friday 7 April 2017

Tannie Poppie Coetzee se Wotelkoek



Tannie Poppie Coetzee se Wotelkoek
Ringpan nodig – 25 cm groot

4 koppies gerasperde geelwortels
1 koppie kookolie...
2 en `n half koppies suiker
3 ekstra groot eiers
2 en `n half koppies koekmeel
1 en `n half teelepels bakpoeier
1 teelepel koeksoda
1 en `n half teelepels kaneel
1 teelepel sout
300 gram pekaneute of enige ander neuter – fyngekap

Verhit oond 180 grade
Meng geelwortels olie suiker eiers saam
Sif meel bakpoeier koeksoda kaneel en sout oor geelwortel mengsel
Meng goed
Voeg neuter by en meng goed gooi in ringpan
Bak 1 en half uur lank
Laat koek goed afkoel
Keer om pan uit
Versiersel
200 gram margarine
2 koppies versiersuiker
250 gram roomkaas
2 teelepels vanilla essens
5 – 10 ml koffie essens of 1 tot 2 teelepels koffie poeier
Klits tot styf
Versier koek
Strooi neuter boo or
Of kolwyntjie panne – 25 tot 30 minute in oond dan