Friday 7 April 2017

Gesonde Paasfees Verrassings Pakkies



Gesonde Paasfees Verrassings Pakkies
Benodighede:

1 x Polistireenkoppie
2 x Plastiekogies...
Handwerkgom (of Prestik)
Skêr
Karton
'n Pienk knoop of iets wat as 'n neusie gebruik kan word
Julle kan ook 'n swart pen gebruik om die snorbaarde op die koppie te teken

Metode:

1.Teken oortjies op die karton
2.Help jou kind om die oortjies en snorbaarde met 'n skêr uit te knip.
3.Gebruik dan die handwerkgom (of Prestik) om die oortjies teen die agterkant van die koppie te plak.
4.Plak dan die ogies, snorbaarde en die neusie aan die voorkant van die koppie vas.
5.Laat die koppie eenkant sodat die gom kan droog word.
6.Vul die koppie met lekkernye soos springmielies, gedroogte vrugte of lekkers.