Friday 7 April 2017

Die lekkerste cremora-yskastert



Die lekkerste cremora-yskastert
BESTANDDELE
500 ml Cremora-koffieverromer
875 ml kookwater
250 ml vlapoeier
2 x 80 g pakkies jellie (enige geur wat jy verkies)
2 x 200 g pakkies Marie-beskuitjies
fyngekapte pekanneute (opsioneel)
METODE
1. Meng die Cremora met 375 ml kookwater in 'n kastrol, en verhit stadig tot kookpunt.
2. Meng die vlapoeier met genoeg water om 'n stywe pasta met geen klonte te vorm. Roe die vla by die Cremore en laat dit oor lae hitte prut tot dik. Roer af en toe.
3. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
4. Meng die jellie met die oorblywende 500 ml kookwater tot opgelos. Laat dit in die yskas afkoel tot effens gestol.
5. Pak een pakkie van die beskuitjies onderin 'n langwerpige pasteibak.
6. Skep die helfte van die vlamengsel oor die beskuitjies, gevolg deur al die jellie. Maak die jellie effens plat met die gaterkant van 'n lepel.
7. Skep die res van die vlamengsel oor die jellie en strooi die gekapte neute oor.
8. Laat die tert in die yskas tot gestol en bedien met styfgeklitste room indien verkies.