Tuesday 7 March 2017

RICE CRISPIE EN KAAS HOENDER



RICE CRISPIE EN KAAS HOENDER
BESTANDELE:
1/4 koppie botter, gesmelt
1/2 koppie meel
1 teelepel sout...
1 teelepel peper

1 teelepel knoffel
poeier/vlokkies
1 eier
1 eetlepel melk
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 sakkie Skud n Bak krummels of broodkrummels, of kellogs fyngemaak, of provitas (jou keuse)
1 koppie Rice Krispies
3 tot 4 ontbeende, hoender, sonder vel, in die helfte gesny
METODE:
Verhit die oond tot 180°C . Gooi jou gesmelte botter in die oondpan en smeer die pan
Meng die meel, sout, peper en knoffel poeier in 'n bak.
In 'n ander bak, klits die eiers en melk.
In 'n derde bak, meng die kaas, brood krummels en graan vlokkies
Eerstens, druk jou hoender in die meel, doop in die eiers en druk dit in die brood en kaas krummel mengsel . Sorg dat jou hoender mooi vol krummels is.
Plaas in oondpan.
Bak vir 30 minute of tot hoender goudbruin en gaar is.