Melktert-jaffel
genoeg vir 6
Vulsel
...
genoeg vir 6
Vulsel
...
• 1 000 ml melk
• 6 eiergele
• 5 ml kaneelsuiker
• 250 g (295 ml) strooisuiker
• 40 g (70 ml) mielieblom
• 40 g (70 ml) koekmeel
Kors
• 12 snye sagte witbrood
• botter vir smeer
• 100 g (125 ml) strooisuiker
• versiersuiker vir oorsif
Vulsel Bring melk tot kookpunt. Klits eiergele, kaneel, suiker, mielieblom en meel saam tot gladde mengsel. Gooi helfte van warm melk by eiermengsel en roer tot gladde mengsel. Gooi mengsel deur ’n sif by res van melk in pot. Plaas oor matige hitte en roer met ’n draadklitser tot dik romerige mengsel vorm (soos jy witsous sal maak). Hou aan roer oor hitte vir nog sowat 5 minute of tot mengsel blink voorkoms het en gaar is. Skep uit pot en plaas bakpapier direk op mengsel. Laat afkoel.
Maak jaffle so Smeer brood met botter aan een kant. Plaas sny brood in jaffelpan met gesmeerde kant na onder. Skep lepels vol van koue melktertvulsel op brood. Plaas tweede sny brood bo-op met botterkant na buite. Sprinkel bietjie suiker op brood. Maak pan toe en sny brood wat oorhang netjies af. Braai oor hoë hitte vir sowat 1-2 minute per kant of tot goudbruin. Haal uit pan en herhaal met res van brood en vulsel. Sif versiersuiker oor en sit louwarm voor.