Friday 24 March 2017

Mediterreense varkworsiegereg



Mediterreense varkworsiegereg

Resep Bestanddele
8 varkworsies
1 rooi-ui, in 8 wiggies gesny...
1 e vars origanum, grofgekap (of gebruik ½ t droë origanum), plus ekstra vir garnering
5 knoffelhuisies, met die vel aan
2 medium soetpatats, sowat
500 g, in 2,5 cm-stukke gesny
2 e ekstrasuiwer olyfolie
3 tamaties, in wiggies gesny
50 g swartolywe, ontpit


Resep Aanwysings
1.Voorverhit die oond tot 200°C. Sit die worsies in ’n groot oondpan en voeg die uie, origanum, knoffel, patats, olie en genoeg geurmiddels by. Meng alles saam en rooster vir 30 minute.
2.Voeg die tamatie en olywe by, en sit die pan terug in die oond vir ’n verdure 10 minute. Garneer met ekstra origanum en bedien met bros brood indien jy verkies.