Friday, 24 March 2017
Feta-en-tamatie-quiches
Feta-en-tamatie-quiches
Sowat 18 quiches van sowat 3½ cm in deursnee
Baktyd: sowat 30 minute...
Deeg
◾200 g (360 ml) koekmeel
◾100 g (110 ml) botter
◾30 ml koue water
Plaas meel en botter in voedelverwerker. Meng tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg koue water by en meng tot deeg vorm. Haal uit en maak toe met kleefplastiek. Plaas in yskas vir sowat 30 minute. Rol dun uit op meelbestrooide oppervlak. Voer 18 muffinholtes van sowat 3½ cm in deursnee uit met deeg.
Vulsel
◾2 ringe fetakaas, fyngekrummel
◾200 g klein rosa-tamaties, in klein ringetjies gesny
◾hand vol vars basiliekruidblare, fyngekap
◾125 ml room
◾1 eier
◾varsgemaalde swartpeper
Verhit oond tot 180 °C. Plaas van die gekrummelde fetakaas onderin die uitgevoerde muffinholtes. Plaas een skyfie tamatie bo-op. Sit gekapte basiliekruid bo-op tamatie. Klits room en eier saam. Skep met ’n eetlepel van die eier-en-roommengsel bo-op die vulsel. Geur met swartpeper. Plaas in oond en bak sowat 30 minute. Haal uit en laat effe afkoel. Haal versigtig uit pannetjie en laat afkoel tot kamertemperatuur.