Tuesday 7 March 2017

BEEF STROGANOFF



BEEF STROGANOFF
1 kg beesfilet of ander biefstuk
1 ui (gekap)
1 knoffelhuisie (gekneus)...
125g margarine
300g vars sampioene(gewas)
100ml koekmeelblom
5ml sout

1ml peper
250ml biefaftreksel
15ml sjerrie
250ml dik suurroom
5ml worcestersous
Metode:
Sny die beesvleis in repies, 5cm lank en so dik soos ‘n potlood. Hou dit eenkant tot benodig.
Braai die ui en knoffel in ‘n swaarboomkastrol in ‘n bietjie margarien tot sag, skep uit en hou eenkant. Voeg nog margarien by indien nodig en braai die sampioene in dieselfde kastrol tot gaar. Skep die sampioene uit en hou eenkant. Meng die koekmeelblom, sout en peper en rol die vleisrepies in die mengsel totdat dit goed daarmee bedek is. Braai ‘n paar vleisrepies op ‘n keer baie vinnig in dieselfde kastrol tot bruin en voeg margarien by soos nodig; die repies van buite mooi bruin wees maar binne steeds sappig. Skep al die gebraaide vleisrepies asook die ui terug in die kastrol, voeg die vleisaftreksel en sjerrie by en laat dit opkook. Sit die deksel op,
verlaag die hitte en prut sowat 25 minute. Haal die kastrol van die stoof af en roer die suurroom, worcestersous en sampioene by. Plaas terug op stoof en warm op oor lae hitte