Friday, 24 March 2017

All Bran en Sonneblomsaad Beskuit Resep



All Bran en Sonneblomsaad Beskuit Resep

500g (2 k) Gesmelte Botter
500ml (2 k) Karringmelk
15ml (1 groot e) Vanieljegeursel...
840g (6 k) Koekmeelblom
50ml Bakpoeier
7ml Sout
300g (1.5k) suiker (sagte bruin suiker)
750ml (3 k) All Bran, effens fyngedruk
250ml (1 k) sonneblomsaad (gooi sommer pampoen pitte ook by)

Voorverhit die oond tot 180C. Voer oondpanne uit met bakpapier of smeer met botter.
Smelt botter en laat effens afkoel en roer an die karringmelk en vanieljegeursel by.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg suiker, All Bran en sonneblomsaad by. Voeg sommer 'n groot hand vol rosyne, 'n bietjie klapper en 'n bietjie semels en papawersaad by en meng goed.

Voeg dan die bottermengsel by die droë bestanddele en meng dit deur. Dit vorm ‘n redelike stywe deeg. Vorm dan bolletjies met die hand en plaas teen mekaar in die gesmeerde panne.

Bak vir sowat 60 minute of tot dit vir jou reg lyk. Laat dit afkoel en breek die bolletjies van mekaar los en pak op bakplate om uit te droog teen 100C.