Thursday 16 February 2017

Spek-en-kaas-bakkies met geposjeerde eier





 Spek-en-kaas-bakkies met geposjeerde eier
(6 porsies)
250 g repiespek (streaky bacon)...
600 g ricotta-kaas
1 eier, geklits
100 g pecorino-kaas, fyngerasper

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 180 °C. Voer ses groot muffinpanne met die spek. Meng die ricotta kaas, eier en pecorino-kaas in ’n mengbak. Geur met sout en swartpeper. Skep die ricotta-mengsel in die gevoerde muffinpanne. Bak vir 25 – 30 minute.

Hollandaise-sous
4 eiergele
sout en varsgemaalde swartpeper
180 g ongesoute botter
20 ml suurlemoensap

Klits die eiergele met ’n bietjie sout en swartpeper in jou versapper. Smelt die botter en suurlemoensap saam. Terwyl die eiergele in die versapper klits, voeg die gesmelte suurlemoenbotter geleidelik in ’n dun straaltjie by. Die sous sal verdik.
6 eiers
botter om die posjeerpannetjie te smeer

Posjeer die eiers in ’n posjeerpannetjie. Haal die spek-en-kaas-bakkies uit die oond en rangskik op ’n bord. Plaas ’n geposjeerde eier bo-op elkeen en rond af met hollandaise-sous.